17 Januarie 2023
Die minister van polisie, Bheki Cele is weer in die kollig nadat ‘n ondersoek na een van sy beweerde vertrouelinge, Panganathan Marimuthu, glo sloer.
’n Polisiebron met kennis van die ondersoek sê die saak sloer weens die familie se noue bande met senior KwaZulu-Natalse polisie-beamptes.
Marimuthu – ‘n voormalige dwelmhandelaar wat voorheen deur misdaadintelligensie gewerf en betaal is – is ‘n persoon van belang in ‘n ondersoek van die Valke vir vermeende mensehandel en seksuele misdrywe.
’n Gesamentlike ondersoek deur TimesLIVE Premium en die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek het dokumente openbaar gemaak wat met die ondersoek verband hou – wat glo reeds van Maart 2022 af sloer.
Die minister se kantoor het nog nie op die bewerings gereageer nie.