Omstrede rookwet smeul nog in parlement


Luister nou

Volgende

Omstrede rookwet smeul nog in parlement

5 September 2024

Voorgestelde nuwe tabakwetgewing in Suid-Afrika eis boetes en/of gevangenisstraf vir diegene wat in openbare areas en in die teenwoordigheid van kinders rook.

Die strengste strawwe wat gevra word, is vir besighede wat die voorgestelde wette oortree.

Maksimum vonnisse van onderskeidelik 15 en 20 jaar word voorgestel vir diegene wat daaraan skuldig bevind word dat hulle tabakprodukte aan kinders verkoop of dat hulle produkte nie aan vervaardigingstandaarde voldoen nie.

Die Wetsontwerp op Beheer van Tabak en Elektroniese Afleweringstelsels – wat poog om die gebruik en handel van tabakprodukte, insluitend sigarette, e-sigarette en damptoestelle te reguleer – is Woensdag weer aan die Parlement se gesondheidskomitee voorgelê.

Die industrie het gevra vir meer konsultasie en waarsku dat die wetsontwerp kan lei tot werksverliese en ander onvoorsiene gevolge in die tabaksektor.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Omstrede rookwet smeul nog in parlement


Luister nou

Volgende