8 Junie 2022
Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) het bevestig dat hy ‘n amptelike klag teen president Cyril Ramaphosa ontvang het oor die diefstal van buitelandse valuta op sy wildsplaas in Limpopo, Phala Phala.
Volgens ‘n verklaring wat deur die OB uitegreik is, het die president van die politieke party, die ATM, die klag ingedien. Vuyo Zungula voer aan dat Ramaphosa die uitvoerende etiese kode oortree het.
Volgens die OB se kantoor is daar reeds briewe van verskeie bronne ingedien wat meer lig op die saak werp – insluitende ‘n skrywe van Ramaphosa self.
Na verwagting sal dié klagte bykomende petrol op die vuur wees in die geveg wat reeds tussen Ramaphosa en die OB, Busisiwe Mkhwebane woed.
Die president en die kabinet is in ‘n stryd gewikkel om Mkhwebane in ‘n staat van beskuldiging te probeer plaas terwyl Mkhwebane aanvoer dat die president haar nie kan skors nie omdat hy reeds deur die OB ondersoek word, en dit op ‘n botsing van belange sou neerkom.