23 April 2024
Te midde van die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se die hofstryd om ‘n bonus van R10-miljoen by haar voormalige werkgewer te kry, het dié kantoor nou aangedui dat hy R5-miljoen van haar eis.
Mkhwebane word nou die geleentheid gegun om redes aan te voer waarom dié geld – om te vergoed vir vrugtelose en verkwiste uitgawes – nie van haar verhaal moet word nie.
LEES OOK: SAAK OOR VOORMALIGE OB SE R10-MILJOEN PAKKET UITGESTEL
Die kantoor se uitvoerende bestuurder, Thandi Sibanyoni, verwys in die skrywe na uitgawes wat tydens haar ampstermyn aangegaan is waarvoor sy nou in haar persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word.
Van hierdie kostes sluit in meer as R2-miljoen vir Mkhwebane se verblyf in die Bryntirion-landgoed in Pretoria van 2017 tot 2022 asook haar regskostes.
Mkhwebane is verlede jaar uit die kussings gelig weens wangedrag en onbevoegdheid, en dien nou as ‘n parlementslid vir die EFF.