o. 19-kriekettoernooi mag in SA voortgaan ná kaptein se uitlatings


Luister nou

Volgende

o. 19-kriekettoernooi mag in SA voortgaan ná kaptein se uitlatings

16 Januarie 2024

Die Internasionale Krieketraad het toestemming gegee dat Suid-Afrika kan voortgaan met sy aanbieding van die o. 19-wêreldbekertoernooi – wat Vrydag in Potchefstroom en Bloemfontein begin.

Dit kom ondanks veiligheidsbekommernisse wat daartoe gelei het dat SA se o. 19-kaptein, David Teeger (19) van sy leierskapspligte onthef is.

KSA het Sondag vir Juan James in Teeger se plek aangestel nadat Teeger in Oktober sy steun aan die Israelse weermag toegesê het in die voortslepende konflik met die Palestyne in Gaza.

Dié toernooi sou aanvanklik in Sri Lanka plaasvind, maar is in November na Suid-Afrika verskuif weens politieke spanning in Sri Lanka.

Berigte dat een van die borge – wat met KSA vereenselwig word – sy steun onttrek het, kon nog nie bevestig word nie.

Foto: The Times of Israel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

o. 19-kriekettoernooi mag in SA voortgaan ná kaptein se uitlatings


Luister nou

Volgende