7 Februarie 2022
Die Noordwes Universiteit, die NWU, het aangekondig dat verpligte inenting teen Covid-19 nou ook op dié kampus van toepassing sal wees.
Dié besluit volg nadat die universiteit in Desember aanvanklik besluit het om ‘n vrywillige inentingsmodel te volg.
LEES OOK: SOLIDARITEIT BEGIN HOFSAAK TEEN UV OOR GEDWONGE INENTING
‘n Grasietydperk van vier weke begin vandag waarin studente óf sal moet aansoek doen om kwytskelding óf hulle teen die virus sal moet laat inent.
Bewys van inenting word verlang vir studente wat aan die studentelewe wil deelneem, in die koshuise bly, kontakonderrig wil bywoon of toegang wil hê tot universiteitspersele.
Die waarnemende vise-kanselier, professor Linda du Plessis sê institusionele reëls vereis dat alle gesondheid- en veiligheidsrisiko’s uitgewys word en doelmatig opgetree word om dit te beperk.