Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

NWU student dalk van haatspraak aangekla na oriënteringsgeleentheid

28 Februarie 2024

Die dissiplinêre verhoor van Shaun Christie, die senior student van die Noordwes Universiteit (NWU) wat vroeër vandeesmaand tydelik geskors is na aanleiding van sy openbare beswaar oor die inhoud van ’n sessie by ’n oriënteringsgeleentheid, vind Donderdag op die universiteit se Potchefstroom-kampus plaas.

AfriForum Jeug se regspan sal Christie tydens die verhoor bystaan en ook daarop aandring dat alle aanklagtes teen hom onttrek word.

AfriForum Jeug se bestuurder, Ronald Peters sê luidens die klagstaat word Christie op vyf onderskeie aanklagtes van wangedrag aangekla. Die universiteit voer onder meer aan dat Christie homself met opset skuldig gemaak het aan “haatspraak deur studente aan te hits om teen die LGBTQIAP +-gemeenskap op te staan”.

“Daarbenewens word hy daarvan aangekla dat hy ’n universiteitsprogram opsetlik ontwrig het; die regte van die spreker van die betrokke sessie, Chloe Valerie van der Walt, geskend het; homself skuldig gemaak het aan vyandige behandeling van die LGBTQIAP +-gemeenskap; en dat hy wederregtelik en met opset ’n valse uitlating rakende die universiteit se beweerde onverdraagsaamheid teenoor Christelike waardes gemaak het,” sê Peters.

Volgens Peters misken die universiteit met hierdie aanklagtes Christie se reg tot vryheid van spraak en vryheid van assosiasie.

“Die poging om ’n aanklag van wangedrag nou selfs tot die veel ernstiger klag van haatspraak uit te brei, is onaanvaarbaar. Ons regsverteenwoordiger sal Christie bystaan en toesien dat hierdie heksejag stopgesit word,” benadruk Peters. 

Christie se tydelike skorsing is op 13 Februarie gedeeltelik opgehef. Die universiteit se dissiplinêre komitee het daarmee dié vierdejaarregstudent toestemming gegee om weer sedertdien aan akademiese verrigtinge op dié kampus deelneem.

Hy word egter steeds nie toegelaat om enige van die universiteit se openbare geleenthede by te woon nie.

Foto: MambaOnline

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

319513481_900220214320987_5607893274331118530_n

SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede

Julius-Malema6

Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Charlotte

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

LISENSIE-2

SA se enigste rybewys-drukker dalk binnekort herstel

GqNVwjBWcAANx_z

“Ons sal transformasie in hul kele afdwing,” sê minister

Ander Nuus Artikels

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV
pretoria
“Pretoria die land se veiligste stad, ‘n bewyse van ActionSA se vordering”
NDLOVU
Liggame van vermiste joernalis en sy vriendin gevind
319513481_900220214320987_5607893274331118530_n
SAPU veroordeel polisiekomitee voorsitter se uitlatings oor BBP-lede
Julius-Malema6
Britse hoë kommissaris in SA sê jammer vir EFF oor visum

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende