2 Augustus 2023
AfriForum Jeug het gister in ’n brief aan die visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU) geëis dat die universiteitsbestuur stabiliteit op kampusse moet verseker en nié mag toelaat dat ontwrigters studente ontneem van hul reg tot gehalte onderrig nie.
Dit volg ná die universiteit studente op 31 Julie in kennis gestel het dat alle kontakklasse onmiddellik opgeskort is weens gewelddadige protesaksies oor NSFAS se laat-uitbetalings aan begunstigdes.
AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyver sê die organisasie eis dat die kampusse se sekuriteit opgeknap word, sodat daar ’n stabiele leeromgewing vir studente is, ongeag insidente waar gewelddadige protesaksies deur die sogenaamde ontwrigters gevoer word.
Die jeugorganisasie eis ook dat die universiteit sal bekendmaak watter kommunikasie met die SAPD gevoer is om skare-beheer toe te pas.
“Die NWU kan dus nie elke keer wat hierdie soort wanbestuur protesaksie ontlok, hul skouers optrek en toelaat dat studente daarvoor moet boet met aanlyn akademiese verrigtinge nie,” sê Van der Vyver.
