Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

NVG trek klagtes teen Dundee-boer terug

20 September 2022

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandag die landdroshof op Glencoe ingelig dat hy nié met die vervolging van die Dundee-boer, Garth Simpson, sal voortgaan nie.

Simpson is aanvanklik van moord aangekla ná ’n voorval waarin hy op sy plaas deur ’n groep mans aangeval is.

LEES OOK: DUNDEE-BOER NA SES MAANDE IN AANHOUDING OP BORGTOG VRYGELAAT

Een van die aanvallers het glo probeer om Simpson se vuurwapen by hom af te neem toe ’n skoot afgegaan, en die man noodlottig gewond is.

AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê hoewel die voorval ‘n tragiese nadraai gehad het, is dit uit die beskikbare bewyse duidelik dat Simpson in die eerste plek nooit aangekla moes word nie.

“Ons is bly dat Simpson nou dié tragiese voorval agter hom kan sit. Alhoewel dit altyd betreurenswaardig is as iemand hul lewe verloor, is dit ons mening dat Simpson in die eerste plek nooit, op gronde van die beskikbare bewyse, aangekla moes word nie,” sê Broodryk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende