Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

NV se goedkeuring van Bela-wet nié met ope arms ontvang nie

16 Mei 2024

Die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, oftewel die BELA-wet is vanuit verskeie oorde nié goed ontvang nie.

Dit sal nou deur president Cyril Ramaphosa onderteken moet word om dit te bekragtig.

AfriForum meen die aanvaarding van die wetsontwerp is slegs ’n volgende stap in die ANC se meedoënlose stoomrollerproses om die wetsontwerp voor die verkiesing deur te voer.

LEES OOK: SOLIDARITEIT, AFRIFORUM GEREED VIR REGSTRYD AS BELA-WET ONDERTEKEN WORD

AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey beklemtoon dat die organisasie sal hou by die voorneme om die BELA-wetsontwerp nasionaal en, indien nodig, ook internasionaal met regsaksie teen te staan.

Die uitvoerende bestuurshoof van Solidariteit dr. Dirk Hermann meen skole is gekaap. Hermann sê die Afrikaanse gemeenskap gaan nie die wetsontwerp net aanvaar nie, en meen die regering onderskat die waarde van onderwys vir die Afrikaanse gemeenskap.

FOTO: NRP SE GOEDKEURING VAN BELA-WET DALK DIE BEGIN VAN ‘N HOFSTRYD

Hy sê Solidariteit sal die groter Afrikaanse gemeenskap mobiliseer om protes teen Bela aan te teken.

Die VF Plus-LP en hoofwoordvoerder oor onderwys, dr. Wynand Boshoff sê alhoewel hierdie wetsontwerp in die openbare deelnameproses oorweldigend verwerp is, het die ANC besluit om daarmee voort te gaan.

“Indien die president hierdie wet teken, sal dit ‘n onmiddellike regstryd ontketen. Die gebrekkige manier waarop openbare deelname in ag geneem is, asook aspekte van die wet self, sal waarskynlik in die Grondwethof draai.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende