15 Junie 2022
Ingevolge ‘n nuwe wetgewing in Japan, kan mense wat ander op sosiale media beledig tot een jaar gevangenisstraf gevonnis word.
Dit volg nadat ‘n televisiester en professionele stoeier van die land, Hana Kimura, twee jaar gelede haar lewe geneem het weens kuberboelies.
Sou diegene wat skuldig bevind word nie gevangenisstraf opgelê word nie, kan hulle moontlik ‘n 30 000 Yen boete of sowat R3584.98 in die gesig staar.
Luidens Japanese berigte is dit nog onseker hoe erg die beledigings, spottery of boeliegedrag moet wees voordat iemand onder die nuwe wetgewing gestraf word.