Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende

Nuwe Tshwane-burgemeester stel plan bekend om dienslewering te verbeter

30 Oktober 2024

Die burgemeester, in die Tshwane-metro, dr. Nasiphi Moya sê dat die stadsraad sy skattings vir water- en elektrisiteitsgebruik gaan verminder in ‘n poging om verbruikers te kry om vir hul dienste te betaal.

Sy het vanoggend dié opmerking gemaak as deel van die bekendstelling van  ‘n plan om dienslewering in die hoofstad te verbeter.

Moya het ses punte uitgewys waarop daar gefokus sal word waarvan die stabilisering van die metroraad se finansies bo-aan die lys was.

Van die ander punte waarop daar tydens haar ampstermyn gefokus gaan word sluit die werwing van beleggings, en opruiming van die middestad en gelyke dienslewering in sogenaamde arm- en ryk-buurte in.

Moya het verder gesê dat daar in die volgende paar week talle gemeenskapsvergaderings gehou gaan word om aan inwoners die geleentheid te gee om hulle stemme te laat hoor. Sy sê die metro wil ook sy kommunikasie met inwoners verbeter, omdat daar talle mense is wat nie toegang tot internet het nie, en dus nie boodskappe op die metro se sosiale media-platforms kan kry nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Ander Nuus Artikels

0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

Impak met Esté Gross

Weeksdae
13:00 - 14:00

Luister nou

Volgende