26 Oktober 2022
Die burgemeester van Johannesburg, dr Mpho Phalatse kon nie vanoggend in haar kantoor kom nie, omdat die slotte verander is.
Die hooggeregshof in Johannesburg het gister beslis dat verlede maand se spesiale raadsvergadering waartydens ‘n mosie van wantroue teen Phalatse geslaag het onwettig, ongrondwetlik en ongeldig was.
Die aanstelling van Dada Morero as burgemeester van die metro is dus ook onwettig en ongeldig.
Phalatse sê hoewel die slotte vir die burgemeesterskantoor verander is, sal dit haar nie keer om haar werk as burgemeester te doen nie.
https://twitter.com/mphophalatse1/status/1585176079475482624