Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Nuwe rybewys moontlik op pad, sê Mbalula

15 Maart 2022

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het bevestig dat Suid-Afrika ‘n nuwe rybewys gaan kry voor die einde van volgend jaar.

Tydens ‘n vraag-en-antwoordsessie in die parlement het hy gesê dat daar beplan word om die nuwe bestuursbewys teen Oktober 2023 in gebruik te neem. Volgens Mbalula word die projek deur die Bestuurslisensiekaartrekening, die DLCA, bestuur.

Die DLCA is die handelsentiteit wat verantwoordelik is vir die vervaardiging van bestuurslisensiekaarte in Suid-Afrika.

Mbalula het gesê die ontwerp vir die nuwe bestuurslisensiekaart is voltooi en word onderwerp aan ‘n proses van goedkeuring deur die kabinet.

Die DLCA het voorheen aangedui dat die nuwe lisensie nader aan internasionale standaarde gebring sal word, met die nuwe kaart wat ook voorsiening maak vir die inkorporering van nuwe tegnologie.

Die projek sal voorsiening maak vir die aanvaarding van digitale tegnologieë – soos blokketting en ander verwante tegnologieë – wat die platform ‘n geïntegreerde vervoerstelsel sal vorm.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpIRgvQWUAAJIpG

DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor

Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,

Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Go6hdNIX0AAO0Ry

Herstelwerk by Tembisa-hospitaal sal nie vinnig kan begin nie

WhatsApp Image 2025-04-21 at 16.57.33_905897b9

Die MK-party besoek Kleinfontein

Pope-Francis-120824-1-bfb0a5d45f5f46e1934fab8de6f8e91e (1)

Pous Franciskus sterf

Ander Nuus Artikels

GpIavQ2WsAAYfFl
EFF-lede betoog oor Orania
E
Die EFF sê “ryk mense moet belas word” eerder as ‘n BTW-verhoging
MK
“Bestaan van kultuurgemeenskappe soos Kleinfontein moet erken word”
GpIRgvQWUAAJIpG
DA, EFF se aansoek oor BTW-verhoging vandag aangehoor
Old,And,Young,Person,Holding,Hands.,Elderly,Care,And,Respect,
Maatskaplike dienste “misluk” weens onreëlmatige besteding

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende