29 Junie 2023
Wêreldrugby beoog om tydens vanjaar se Rugby Wêreldbekertoernooi in Frankryk ‘n vuilspel hersieningstelsel te implementeer wat geelkaarte na rooikaarte kan verander.
Dié stelsel, wat ook bekend staan as die “bunker” is reeds tydens die Super Rugby Pacific-reeks en die onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap getoets.
Luidens berigte sal televisiebeamptes tydens die Rugby Wêreldbekertoernooi 10-minute ná ‘n straf toegeken is, kry om te bepaal of die geelkaart wat toegeken is na ‘n rooikaart verander moet word. Indien dit na ‘n rooikaart verander word, mag die speler nie weer die veld betreë soos met ‘n tradisionele geelkaart nie.
Hoewel die stelsel reeds getoets is, wil Wêreldrugby dit tydens alle wedstryde implementeer gedurende die wêreldbeker.
Die Rugby Wêreldbeker begin op 8 September en sal tot 28 Oktober duur.
Foto: Ruck
