24 Januarie 2022
Een van die nuwe treinstelle van die Passasierspooragentskap (PRASA), wat vroeër vandeesmaand deur die minister van vervoer, Fikile Mbalula, bekend gestel is, het teen ‘n stilstaande trein vasgeloop.
Tecnici was vroeg vanoggend besig om aan die stel tussen die Soshanguve- en Mabopane-stasie te werk aan ‘n tegniese fout.
Hoewel alle verkeer op die betrokke spoorlyn tot stilstand gebring is, het die treinstelle teen mekaar vasgeloop nadat technici hulle ontkoppel het om daaraan te werk.
Die geraamde koste van die skade aan die rollende materiaal is nog nie bekend nie en assessors is op die toneel om die bepaling te maak.
Daar was geen skade aan infrastruktuur aangerig nie.
Geen pendelaars was op die trein ten tyde van die voorval nie en die agt ambagsmanne wat wel daarop was is ongedeerd.