6 Februarie 2024
Die speaker van die Nasionale Vergadeing, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het vanoggend gesê die nuwe parlementêre reëls sal verseker dat president president Cyril Ramaphosa se staatsrede Donderdag nie ontwrig word nie.
Mapisa-Nqakula en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, het terugvoer oor die vordering met hulle omvattende voorbereidings vir die staatsrede gegee.
Ingevolge dié nuwe reëls sal geen LP toegelaat word om die president te onderbreek terwyl hy die staatsrede lewer nie.
Dit volg nadat Ramaphosa se staatsrede die afgelope jare gereeld deur veral die leier van die EFF, Julius Malema en ander LP’s van die party ontwrig is.
Die nuwe gesamentlike reëls sal komende Donderdagaand die eerste keer in werking gestel word om orde in die parlement te handhaaf en glo beleefdheid onder LP’s te bevorder.