4 Julie 2023
Ná ‘n wag van nege maande het die Springbokke uiteindelik hulle nuwe truie bekend gestel wat deur Nike ontwerp is.
Die manne in groen en goud sal in hierdie truie te sien wees tydens die Castle Lager Rugby-kapioenskap, wat Saterdag, 8 Julie op Loftus Versfeld begin. Die Springbokke skop die toernooi af teen Australië.
Die Springbokke het in September verlede jaar aangekondig dat hy ‘n ses jaar kontrak met Nike onderteken het. Sedertdien is die ontwerpe geheim gehou. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer sê die bekendstelling van ‘n nuwe trui is altyd opwindend, maar die opbou na hierdie oomblik het die baie meer opwindend gemaak.
“Ons is baie trots op die ontwerp wat Nike na vore gebring het. Die spelers is ook baie opgewonde oor die nuwe stel.” Volgens hom weerspieël die nuwe truie die geskiedenis van die Springbokke, maar ook die kultuur van Suid-Afrika.
Onder die tradisionele groen en goue trui se kraag is ‘n ontwerp, wat geïnspireer is deur die Suid-Afrikaanse vlag.
