6 Augustus 2021
Die nuwe ministers – wat gisteraand deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is – is vanoggend by die Uniegebou in Pretoria ingehuldig.
Dit nadat hy gisteraand sy kabinet geskommel het en aangekondig het dat die voormalige minister van finansies, Tito Mboweni en die voormalige minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize bedank het.
Drie ministers het ‘n eed afgelê onder leiding van die waarnemende hoofregter, Raymond Zondo. Vier adjunk-ministers is ook ingehuldig.
Die nuwe minister van finansies, Enoch Godongwana, die minister in die presidensie, Mondli Gungubele en die nuwe minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla is eerste ingehuldig.
President @CyrilRamaphosa announces changes to the National Executive pic.twitter.com/PDx2BsAnYt
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) August 5, 2021
Swearing-in Ceremony of Ministers and Deputy Ministers https://t.co/PMGmTZcX7j
— The Presidency 🇿🇦 (@PresidencyZA) August 6, 2021
Hou Afrikaans op die lug