Nuwe mandjie: Sonpanele in; geisers uit


Luister nou

Volgende

Nuwe mandjie: Sonpanele in; geisers uit

27 Februarie 2024

Die vervaardiging van antidepressante, teensuurmiddels en sonpanele het klaarblyklik só ‘n groot invloed op die plaaslike ekonomie gehad dat dit Statistiek Suid-Afrika se lys van items gehaal het wat in die mandjie goedere opgeneem word om die PPI te bepaal.

Twaalf nuwe items vorm deel van dié mengsel wat van vanjaar af gebruik gaan word.

Die produksieprysindeks meet die verkooppryse wat binnelandse produsente vir hul produkte kry en word gesien as ‘n gevorderde aanwyser van waarheen verbruikersinflasie op pad is.

Afval, verwerkte worsies, voorbereide disse en plastiekmotoronderdele het ook die nuwe mandjie gehaal, terwyl warmwatertoestelle, rekenaars, kommunikasietoerusting, koeëllaers, motorbakwerk en linne van die vyftien items is wat uit die mandjie gehaal is.

Terwyl nie-narkotiese pynstillers – wat pynmedikasie is wat nie tot verslawing lei nie – uit die mandjie gehaal is, is gewone pynstillers, wat opioïede, alkohol of dagga kan bevat, bygevoeg.

Statistiek SA het uitgewys dat hy nie self lukraak bepaal wat in die PPI-mandjie ingaan nie, maar dat hy uitgebreide steekproewe doen om vas te stel wat prysveranderings en neigings van plaaslik-vervaardigde goedere is.

Dit dek vier breë nywerhede naamlik vervaardiging, water en elektrisiteit, mynbou asook landbou, bosbou en visserye.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Nuwe mandjie: Sonpanele in; geisers uit


Luister nou

Volgende