Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

“Nuwe Jhb-burgemeester het ses maande om homself te bewys,” sê speaker

1 Oktober 2022

Die nuut-verkose burgemeester in die Johannesburgse-metro, Dada Morero het ses maande om homself te bewys, of loop die risiko om uit dié amp verwyder te word. 

DIT is volgens die nuwe speaker van die metro, Colleen Makhubele. Sy is vroeër vandeesweek verkies na die DA-speaker Vasco da Gama op 1 September uit die pos verwyder is. 

Colleen Makhubele.

Morero, ‘n ANC-raadslid is gister verkies nadat ‘n mosie van wantroue teen die gewese burgemeester, Mpho Phalatse geslaag het. Makhubele het ná gister se stormagtige raadsitting gesê dat Johannesburg se inwoners staat maak op Morero om dienslewering reg te ruk.

Makhubele meen indien sy oor ses maande sien dat Morero nié sy doelwitte bereik nie sal sy nie huiwer om iemand anders in sy plek te soek nie. Volgens haar verdien die inwoners beter as wat hulle tot op hede ontvang het.

LEES OOK: COPE BEVRAAGTEKEN JHB-SPEAKER SE LIDMAATSKAP

Intussen het die ANC se voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi in reaksie op die gebeure in die Johannesburgse-metro erken dat die ANC in die verlede foute gemaak het toe hul aan die stuur van die stad was, maar meen die party het uit daardie foute geleer. 

Hy het na afloop van Morero se verkiesing as burgemeester, tydens ‘n mediakonferensie gesê dat die invloed van minderheidspartye nié onderskat moet word nie.

Die Patriotic Alliance, die African Independent Congress en Al Jama-ah het die ANC en EFF ondersteun in die mosie van wantroue teen Phalatse.

Die DA en ander koalisievennote het na ‘n koukusvergadering nié teruggekeer na die raadsaal nie. Lesufi meen dit is onaanvaarbaar dat die DA die raadsitting verlaat het en behoort aanspreeklik gehou te word vir hulle optrede. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende