Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Nuwe identiteitsbestuurbeleid goedgekeur

25 March 2022

Die kabinet het ‘n nuwe identiteitsbestuurbeleid vir Suid-Afrika goedgekeur.

Hierdie beleid sal die huidige Identifikasiewet van 1997 vervang, wat die Nasionale Bevolkingsregister, die NBR, tot stand gebring het en ook die omvang daarvan spesifiseer in die verpligte rekords wat daarop vasgelê is.

Die aanvaarde beleid stel ‘n enkele digitale NBR voor vir alle mense – ongeag burgerskap en geslagstatus – wat in die land woon en gewoon het.

Dit maak ook voorsiening vir ‘n biometriese nasionale identiteitstelsel, NIS, wat ‘n enkele profiel van ‘n persoon moontlik maak.

Die NIS sal ook in staat wees om met ander staats- en privaatsektor identiteitstelsels te koppel.

Volgens die kabinet sal die beleid ook die beskerming van die regte van lede van die lesbiese, gay, biseksuele, transgender, interseks, queer en a-seksuele gemeenskap verseker.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende