My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Nuwe bestuurslisensiekaart aangekondig

2 September 2022

Die minister van vervoer Fikile Mbalula sê ‘n nuwe bestuurslisensiekaart sal van volgende jaar November af in gebruik geneem word, om die huidigde kaarte te vervang.

Die huidige kaarte sal egter nog tot in 2029 geldig wees.

Mbalula het vandag die media toegespreek oor verskeie kwessies rakende bestuurslisensiekaarte. Hy meen die huidige lisensiekaart is in 1998 in gebruik geneem en is daarom tyd vir verandering. Volgens Mbalula sal die verandering binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word.

Hy sê daar is ook ‘n voorstel aan die kabinet gemaak om die geldigheid van bestuurslisensiekaarte te verleng van 5 jaar, na enige iets tussen agt en 10 jaar.

Volgens Mbalula is die agterstand met die uitreiking van lisensiekaarte ook uit die weg geruim, en neem dit nou gemiddeld 10 dae vir motoriste om hul nuwe kaarte te ontvang.

https://twitter.com/MbalulaFikile/status/1565639142456918016

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende