20 Februarie 2023
Elke kind wat in die 1990’s grootgeword het, sal Barney, die pers dinosourus “uit ons verbeelding” onthou.
Die karakter is vertolk deur ‘n persoon in ‘n groot pers kostuum. Internetgebruikers het egter hulle misnoeë op sosiale media bekendgemaak oor Barney se nuwe voorkoms. Dit kom nadat die speelgoedmaatskappy, Mattel aangekondig het dat hulle die Barney-franchise gaan herbekendstel.
Mense het egter Barney se nuwe – geanimeerde – voorkoms gekritiseer en meen dit maak mense bang.
Een gebruiker op Twitter sê die “nuwe” Barney sal hom nagmerries gee. Barney het danksy sy nuwe voorkoms heelwat groter, groen oë, nuwe tande en hy is maerder. Mense meen dit is nie hoe hulle die ikoniese dinosourus onthou nie.
Die nuwe Barney-reeks kan in 2024 gesien word.