Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

Nuwe adjunk-president tydens kabinetskommeling aangekondig

6 Maart 2023

President Cyril Ramaphosa het die voormalige premier van Gauteng, Paul Mashatile as adjunk-president aangestel.

Tydens sy lang-verwagte kabinetskommeling het Ramaphosa ook twee nuwe poste geskep.

Ramaphosa het reeds tydens sy staatsrede bekend gemaak het dat hy ‘n ministeriële pos binne die presidensie gaan skep wat moet toesig hou oor interdepartementele samewerking om die land se kragprobleme op te los – in die volksmond bekend as die minister van elektrisiteit.

Hy het die voormalige burgemeester van die Tshwane-metroraad, Dr. Kgosientso Ramokgopa in dié pos aangestel.

Ramaphosa het ook ‘n nuwe presidensiële pos geskep en het Maropene Ramokgopa aangestel as minister binne die presidensie wat spesifieke planne binne die regering sal monitor, asook die regering se werkverrigting sal evalueer.

Van die ander skuiwe was om Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma as minister binne die presidensie van vroue, kinders en mense met getremdhede aan te wys asook om Patricia de Lille as minister van toerisme bekend te stel.

Zizi Kodwa sal voortaan as minister van sport, kuns en kultuur diens doen terwyl Sihle Zikalala die nuwe minster van openbare werke en infrastruktuur word.

Khumbudzo Ntshavheni sal haar pos as minister van kommunikasie verruil vir dié van minister in die presidensie met Noxolo Kiviet wat die nuwe minister van staatsdiens en administrasie word.

Mondli Gungubele word die nuwe minister van kommunikasie terwyl Sindisiwe Chikunga die nuwe minister van vervoer word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende