8 Julie 2024
Die vakbond, Numsa, het sy eis vir ‘n loonverhoging vir Gautrain-werkers na 9% aangepas.
Die vakbond se lede het vanoggend begin staak nadat die werkgewer nie gehoor wou geen aan hulle eis vir ‘n verhoging van 13% nie. Werknemers het reeds om 05:00 vanoggend buite ‘n Gautrain-werkswinkel in Midrand saamgekom waar hulle betoog het. Bande is buite die werkswinkel aan die brand gesteek.
Majola het ‘n beroep op die bedryfsmaatskappy, Bombela, gedoen om hulle tegemoet te kom. Sy sê die vakbond het reeds in April vanjaar met onderhandelinge begin, maar sedert Junie staan die onderhandelinge stil.
Die jongste aanbod van Bombela is vir ‘n verhoging van 5,6%.
Hoewel treindienste normaal voortgaan, was daar vanoggend ‘n onderonsie tussen stakers en veiligheidsbeamptes, nadat die stakers oproerig geraak het.