5 Julie 2022
Eskom en die mynwerkersvakbond, NUM en die metaalwerkersvakbond, Numsa het vanmiddag ‘n loonooreenkoms onderteken waarin al die werkernemers ‘n 7% verhoging en ‘n verhoging van R400 van die behuisingstoelaag gewaarborg word.
Die ooreenkoms volg na weke van spanning en die instelling van fase 6- beurtkrag vir slegs die tweede maal in die kragvoorsiener se geskiedenis. Dié verhoging gaan Eskom se maandelikse salarisrekening tot R3-miljard verhoog.
Dit is nog nie bekend of vrywaring aan die werkers gegee sal word weens die onwettigheid van die staking nie. Energie-kenners waarsku intussen dat indien die onwettige stakers nie gestraf word nie, dit ‘n gevaarlike presedent sal skep.
Solidariteit het reeds vanoggend aangekondig dat hy die aanbod aanvaar en reeds onderteken het.