13 Desember 2023
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NRDBV) het ‘n formele brief aan die departement van bosbou, visserye en die omgewing gestuur waarin hy beswaar maak teen die minister se goedkeuring van seismiese aktiwiteite aan die Suidooskus.
Die NRDBV sê die minister, Barbara Creecy onderskat die potensiële skade wat aan die mariene omgewing en spesifiek diere aangerig sal word wanneer skote gedurende die seismiese opnames in die oseaan afgevuur word.
Die opnames is gemik op gas- en olie-eksplorasie.
Die vereniging sê die maatskappy wat die opnames wil doen, was ook oneerlik oor die gebied waar daar opnames gedoen sal word, en die dierelewe teenwoordig in die gebied.