Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Nou gaan ons net aan!

Hoofstuk 8 – 11 Augustus 2023

Daar word vertel dat die kerkhervormer, Martin Luther op ‘n stadium sou gesê het: “Selfs as ek weet, die wêreld gaan more tot niet, dan plant ek steeds vandag my appelboom”.

Te midde van die onsekerheid oor uitsaairegte teen die einde van 1993, het die bestuur van die stasie in daardie dae besluit het om die uitsaai-toring op Donkerhoek se rant met 13 meter te verleng om so die reikwydte van die sender te verhoog.

’n Propaganda-storm het teen die stasie losgebars. Van verskillende kante het beskuldigings gekom en selfs die destydse president FW de Klerk het in die Engelse pers met “firm action” gedreig en vertel dat hy een en almal wat sy ooreenkomste met die ANC-SAKP alliansie in gevaar sou stel, onder stof sou loop. Maar die radio kon tog nie die duisende mense wat die eerste uitsending vanaf Donkerhoek bygewoon het, in die steek laat nie en het met die uitsendings voortgegaan.

Daarvandaan het “die stryd om ’n lisensie” begin. Omdat die uitsaai owerheid, wat deur die wet in die lewe geroep is, nog die ingestel is nie, moes daar kort-kort na minister Danie Schutte teruggekeer word. Die rede waarom die stasie só deur die owerheid getreiter is, het miskien saamgehang met ds. Mossie van den Berg se uitdagende standpunt dat die radio ‘n reg op ’n uitsaailisensie het omdat hy die oorweldigende steun van duisende Afrikaners geniet het.

Aan die begin van November 1993 tref ’n weerligstraal van ‘n tipiese Hoëveldse donderstorm die radiomas op Donkerhoek en die radio raak weer tydelik stil. Ondanks die terugslae, is herstelwerk gedoen en die radio spoedig weer op die lug geplaas, want “ons hou net aan”.

Die dreigemente van min. Schutte dat hy die radio sou stilmaak met die hulp van die Weermag of die Polisie het net die sein geword  om te mobiliseer. Manne van die destydse Mynwerkersunie het sandsakke gevul en borswerings gebou en loopgrawe gegrawe. 

Letterlik duisende Afrikaners, mans, vrouens en kinders het opgeruk en saamgetrek  rondom die uitsaaistasie…en vleis te braai, uit te kamp en plesier te maak.

Van enige verwagte hardhandige optrede van die Weermag of die Polisie het niks gekom nie.

Te midde van die druk wat van alle kante op die stasie aangelê is, was daar tog  ligter oomblikke. Een van daardie  oomblikke was toe die Posmeester-generaal dit nodig geag het om ’n paar amptenare na Donkerhoek te stuur om die stasie se sender af te skakel en te verseël sodat die onwettige uitsendings tot ’n einde kan kom. 

Maar dit gebeur toe,  het Jaap Diedericks vertel, dat Oom Martin Du Preez, wat pas afgetree het as senior amptenaar by Telkom in die Posmeester-generaal se bevelstruktuur wat onder andere die “Verseël en Konfiskeer”-afdeling beheer het, op Donkerhoek was om op die manier sy steun aan die stasie te betuig.

Toe die Telkom-amptenare by die toegangshek opdaag en vertel dat hulle gekom het om Radio te Pretoria se sender af te skakel en te verseël, was Oom Martin juis ook daar.

Hy het die manne toe te woord gestaan en  gevra: Het jy jou magtiging om hierdie taak uit te voer, by jou? Het jy die handleiding van die sender wat jy moet sluit, saamgebring sodat jy sal raakvat en niks verniel nie? Ken jy die soort sender wat ons hier gebruik?

Toe die manne erken dat hulle nie dit alles by het hulle het nie, was Oom Martin so vriendelik om die man te vermaan dat hy volgens die reëls van sy werkgewer so toegerus moes gewees het. En so is die amptenare onverrigtersake terug Pretoria toe. 

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende