17 Augustus 2021
Bushy Maape is amptelik deur die ANC se tussentydse provinsiale komitee-koördineerder, Hlomani Chauke aangewys as die nuwe premier van Noordwes.
Dit volg te midde van ‘n betoging by die ANC se kantoor deur ontevrede partylede.
Maape sal Job Mokgoro – ‘n stoere Jacob Zuma ondersteuner – vervang.
Klankkoerant het reeds oor die naweek van die verwikkelinge berig maar die uitgaande premier skop nou vas en weier glo om te bedank.
Chauke sê die aanstelling is amptelik en dat hulle Mokgoro daarvan ingelig het.
Hy sê Mokgoro SAL voor die einde van die dag sy bedanking by die speaker van die provinsiale wetgewer inhandig.
Hou Afrikaans op die lug