9 Mei 2022
Die noodeenheid van die Charlotte Maxeke akademiese-hospitaal in Johannesburg is weer oop nadat ‘n brand in 2021 groot dele van dié hospitaal vernietig het.
Pasiënte sal egter steeds voorlopig by nabygeleë hospitale behandel moet word.
Die minister van gesondheid, Joe Phaahla saam met die departement van gesondheid in Gauteng vanoggend die hospitaal besoek vir die amptelike heropening. Hy het in Maart gesê dat die noodeenheid teen einde April sal open.
LEES OOK: CHARLOTTE MAXEKE-HOSPITAAL NET 40% IN BEDRYF AGT MAANDE NÁ BRAND

“Ek weet baie mense sê ons het nie ons spertyd gehaal nie, maar die hospitaal was wél teen einde April voltooi, ons was egter net die gereed vir die openingseremonie nie,” sê Phaahla.
Hy sê die eerste pasiënte is op 4 Mei van die Helen Joseph-hospitaal na die Charlotte Maxeke-hospitaal oorgeplaas en tans is daar 15 pasiënte in die noodeenheid.
LEES OOK: CHARLOTTE MAXEKE-HOSPITAAL: EERSTE AFDELINGS WEER BYNA OOP
Phaahla het egter benadruk dat hulle die heropening gedeeltelik hanteer. “Geen ambulanse of in-stap pasiënte sal tans in die noodeenheid toegelaat word nie.”