Nommer 44 op Duitse sokkertrui veroorsaak ‘n herrie


Luister nou

Volgende

Nommer 44 op Duitse sokkertrui veroorsaak ‘n herrie

2 April 2024

Die sporthandelsmerk, Adidas het die ontwerp van die nommer 44 op die Duitse sokkerspan se trui verbied omdat dit volgens hulle te veel lyk soos die Nazi’s se omstrede SS-brigade se simbool.

Die truie is deur die Duitse Voetbal Federasie ontwerp, en volgens Adidas was die idee nooit dat dit soos die brigade se logo moes lyk nie.

Lede van die Nazi-leier, Adolf Hitler se SS het veral diens gedoen by die honderde arbeidskampe tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dié brigade se simbool het soos twee S’e of weerligstrale gelyk.

Nadat die trui met die nommer 44 aanlyn verkoop is, het talle mense beswaar gemaak. ‘n Duitse historikus, Michael König het die afgelope naweek op X geskryf dat dit onaanvaarbaar is dat dié trui by sokkerwedstryde toegelaat sal word.

Volgens berigte deur plaaslike media is dit onwaarskynlik dat spelers met die nommer 44 op die veld sal verskyn, maar aanhangers het nou die opsie om truie te bestel sodat die getal van hulle keuse daarop verskyn.

‘n Alternatief vir die vier word tans ontwerp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Nommer 44 op Duitse sokkertrui veroorsaak ‘n herrie


Luister nou

Volgende