12 Julie 2023
Een persoon het brandwonde opgedoen toe gewapende verdagtes nóg vier vragmotors in Mpumalanga aan die brand gesteek het.

Dit bring die aantal vragmotors wat sedert die naweek in dié provinsie aan die brand gesteek is, op nege te staan.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Selvy Mohlala, sê die vragmotors is 05:30 vanoggend op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo aan die brand gesteek.
Dít volg kort nadat Klankkoerant vanoggend berig het dat ‘n vragmotor op die R59-deurpad in Gauteng aan die brand gesteek is.
Daar is nou tot 21 vragmotors sedert die naweek in Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Limpopo en Gauteng aan die brand gesteek.
Mpumalanga – N2 Route (Update): #TruckAttacks Trucks attacked and torched between Ermelo and Piet Retief – ROAD CLOSED pic.twitter.com/eeMnNspQrk
— TrafficSA (@TrafficSA) July 12, 2023
