29 Junie 2023
Nóg wrakstukke van die Titan-onderwatertuig, en vermoedelike menslike oorskot is by die St. John’s-hawe in Newfoundland in Kanada na die oppervlak gebring.

Die nuus het opslae gemaak toe vyf mense aanboord die onderwatertuig op 18 Junie dood is, terwyl hulle op pad was na die wrakstukke van die Titanic, wat ongeveer 3 810 meter diep is. Die watertuig het ‘n uur en 45 minute nadat dit geduik het, kontak verloor met sy ondersteuningskip, Polar Prince.
LEES OOK: “WIE IS AANBOORD DIE TITAN?” EN ANDER FEITE OOR DIE VERMISTE DIEPSEETUIG
Weens die hoë-drukking het die vaartuig ingeplof. Al vyf mense is dood verklaar al was daar nog nie oorskot gevind nie.
Die Kanadese kuswag sê in ‘n verklaring dat Amerikaanse medici ‘n ontleding sal doen, van wat hulle glo menslike oorskot is. Die toestand waarin die oorskot gevind is, is nie bekend gemaak nie. Die wrakstukke sal nou na Amerika geneem word waar dit weer aanmekaar gesit sal word om te probeer bepaal wat fout gegaan het.

LEES OOK: BRITSE MILJARDÊR, PAKISTANSE SAKEMAN IN VERMISTE DUIKBOOT
Stockton Rush (61), die uitvoerende hoof en medestigter van die maatskappy wat die toere reël, Ocean Gate, ‘n Britse-miljardêr, Hamish Harding (58), ‘n Pakistanse sakeman, Shahzada Dawood (48) en sy 19-jarige seun, Suleman en die Franse duiker, Paul Heni-Nagelot (77) is dood na die voorval.
Hulle het $200 000 of sowat R3,7-miljoen per kaartjie betaal.
Debris from the Titan submersible, destroyed in an implosion that killed all five people aboard, was recovered along with presumed human remains and brought ashore to Canada for examination, the US Coast Guard said https://t.co/zh28xdVnOU pic.twitter.com/TByP8hd738
— Reuters (@Reuters) June 29, 2023
