Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Nóg plekke in Vaalrivier en elders toets positief vir cholera

5 Julie 2023

AfriForum het die afgelope maand verskeie watertoetse in ondermeer die Vaalrivier uitgevoer nadat vroeëre toetse in dié rivier positief getoets het vir cholera. 

Volgens die organisasie is watermonsters geneem by dorpe langs die Vaalrivier, terwyl ‘n monster ook in die riviersisteem geneem is. Luidens die resultate, het die volgende sewe plekke positief getoets vir cholera:

  • By die Barrage-brug in die Vaalrivier.
  • By Parys in die Vaalrivier.
  • In Welkom by Thabong waar die Mostertkanaal begin.
  • In Welkom by ’n voor wat in die Witpan inloop.
  • By Barkley-Wes in die Vaalrivier.
  • By Douglas in die Vaalrivier voordat dit met die Oranjerivier saamsmelt.
  • By Warrenton in die Vaalrivier.

AfriForum se bestuurder vir omgewingsake, Lambert de Klerk sê die organisasie het by meerderheid van die dorpe waar daar AfriForum-strukture is, probeer om watermonsters langs die Vaalrivier te neem sowel as by ander areas waar dié organisasie klagtes ontvang het. “Daar is ongeveer 40 laboratoriumtoetse in die onmiddellike omgewing van die Vaalrivier uitgevoer. Verder is daar ook indikatortoetse in verskeie ander dorpe se drinkwater gedoen om te bevestig of die water veilig is vir menslike gebruik.”

Volgens De Klerk is dit ook kommerwekkend dat die uitslae ook aandui dat daar E.coli in die meerderheid van die watermonsters teenwoordig is wat in die riviersisteem geneem is.

“Die fokus van hierdie toetse was tweeledig. Eerstens wou ons bevestig of die dorpe wat langs die Vaalrivier geleë is se drinkwater veilig is vir menslike gebruik en tweedens moes ons bepaal of daar cholera in die rivier is,” sê De Klerk.

Hy sê die departement van water en sanitasie gaan daadwerklik moet ingryp. AfriForum doen ’n beroep op persone wat vermoed hulle water is nie geskik vir menslike gebruik nie, om die nodige veiligheidsmaatreëls te volg soos om water te kook voordat dit gebruik word.

Foto: Flickr

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende