17 Maart 2022
Die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, het ‘n aantal nedersettings en dorpe – hoofsaaklik in Mpumalanga en die Oos-Kaap – uitgesonder wat se name binnekort gaan verander.
Volgens die nuwe name – wat in die Staatskoerant gepubliseer is – sal Donkerhoek in Mpumalanga voortaan eNtababusuku heet indien dit deurgevoer word.
Nog ‘n noemenswaardige naamverandering is Mount Fletcher – in die Oos-Kaap – wat voortaan Tlokoeng Town sal heet.
Mthethwa het vroeër gesê dat naamsveranderinge uiters belangrik is as deel van die “totale transformasie proses in Suid-Afrika.”
