27 Julie 2021
Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) het die regering se aanbod vir salarisverhogings aanvaar.
Die VSA het in ‘n onverwagte skuif ingestem tot die staat se aanbod van ’n salarisverhoging van 1,5% vir die 2021-’22-boekjaar.
Die VSA het nog tot onlangs gal gebraak oor die staat se “disrespekvolle” aanbod.
Die vakbonde Sadtu, Naptosa en Hospersa het reeds aangedui dat hul lede bereid is om die loonaanbod te aanvaar.
Die VSA, wat nog tot 6 Julie gereed was om te staak, sê hy het nou die verwoesting van die landsekonomie gesien, en verstaan hoekom die aanbod aanvaar moet word.
Hy sê egter dat meer gedoen moet word deur die regering om gesteelde gelde in te vorder en terug te kry van korrupte leiers.
https://twitter.com/unionofchoice/status/1419699351346196483
Hou Afrikaans op die lug