29 Maart 2022
Clifton se eerste strand is gisteraand, tot verdere kennisgewing vir die publiek gesluit nadat ‘n rioolpomp onklaar geraak het.
Volgens die Kaapstadse-metro het die pomp glo Sondag gebreek en sedertdien dam afvalwater by die strand op. Aanvanklik is Clifton se vierde strand vir besoekers gesluit, maar dit is weer kort daarna oopgestel.
Die Kaapstadse-metro sê dit lyk asof die probleem nou oorgespoel het na die eerste strand. Die metro het egter dadelik die omgewing afgesper en meen verskeie departemente is nou betrokke om die voorval te ondersoek.
Herstelwerk het ook reeds begin.