5 Februarie 2024
Die grootste peiling nog wat kiesersentiment in aanloop tot die komende verkiesing onder Suid-Afrikaners bepaal het, se uitslag stem rofweg ooreen met drie vorige meningsopnames wat uitgevoer is.
Soos die drie vorige peilings, het dit bevind dat die regerende party, die ANC, besig is om in gewildheid te kwyn en dat hy slegs nege-en-dertig-persent van die stemme op hom sal verenig indien die verkiesing nou sou plaasvind.
Volgens die jongste peiling – wat deur die universiteit van die Witwatersrand se David Everatt onderneem is – is kiesers wat al van die veelparty-handves gehoor het, se belangstelling daardeur geprikkel.
Die peiling – waarin onderhoude met nege-duisend kiesers van aangesig tot aangesig in ‘n taal van hul keuse gevoer is – dui daarop dat een-en-sestig-persent van die respondente nog nie van die veelpartyhandves gehoor het nie.