24 Januarie 2023
Tot sewe mense is dood in twee afsonderlike skietvoorvalle wat gister in Half Moon Bay in die noorde van Kalifornië plaasgevind het.
Dié voorvalle het op twee nabygeleë plase in die suide van San Francisco plaasgevind. Luidens berigte is vier mense op een plaas doodgeskiet en drie op die ander.
LEES OOK: VERDAGTE NEEM SY EIE LEWE NA DIE SKIETDOOD VAN 10 MENSE
‘n 67-jarige verdagte, Zhao Chunli is in verband met dié skietvoorvalle in hegtenis geneem. Hy het na bewering na ‘n polisiestasie gery en daar in sy motor gesit. Plaaslike owerhede het ‘n semi-outomatiese handwapen in sy motor gevind.
Dié massaskietvoorval is die tweede massaskietvoorval wat binne 48 uur in Kalifornië plaasvind. Dit kom nadat 11 mense die naweek by ‘n dansklub in Monterey Park doodgeskiet is tydens vieringe van die Chinese nuwejaar. Dié verdagte het sy eie lewe geneem.