4 April 2025
Pretoria FM het weer ‘n baie belangrike oorwinning in die hooggeregshof in Pretoria behaal.
Die hooggeregshof het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se aansoek om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre beslissing met koste van die hand gewys. Dié beslissing het bepaal dat Okosa se weiering om oorweging te skenk aan Pretoria FM se aansoeke om na dele van die Wes-Kaap, Suid-Kaap en Noord-Kaap uit te brei hersien en ter syde gestel moet word.
Die uitvoerende voorsitter van Pretoria FM se direksie, Willie Spies, het die beslissing verwelkom en beskryf dit as ‘n belangrike mylpaal op Pretoria FM se pad om die visie van onafhanklike Afrikaanse inhoud in elke huis ‘n werklikheid te maak. Spies het ook aangedui dat dit jammer is dat dit nodig is vir gemeenskapsradiostasies om hulle regte in die howe te moet beskerm. Hy sê verder dat dit bitter jammer is dat Okosa nie sy grondwetlike mandaat om die luggolwe tot die beskikking van gemeenskappe te stel uitvoer nie, maar sy posisie misbruik om gemeenskapsradiostasies te onderdruk.
“Pretoria FM sal die stryd voortsit. Nie net in ons eie belang nie, maar in die belang van alle gemeenskappe wat hunker na ‘n onafhanklike radiostem wat vry van staats- en kommersiële inmenging staan.”
2 Responses
Baie belangrike oorwinning vir Pretoria FM en baie geluk ook.
Nou kan Pretoria FM in die Weskus kom uitsaai want hier in die Weskus word daar baie Afrkaans gepraat.
Willie, Baie bly dat die hof so beslis het, Ek neem aan Suid Kaap met George as standplaas is op die laagste tweede op die lys waar nuwe stasie geopen gaan word. Eintlik moet George heel bo aan die lys wees.