28 April 2022
Die DA se Gauteng Noord-streeksondervoorsitter, Michael Shackleton het uit die DA bedank en by ActionSA aangesluit.
Die 34-jarige Shackleton het voorheen gedien as ‘n DA-parlementslid en as ‘n lid van die Gautengse provinsiale wetgewer.
LEES OOK: VOORMALIGE DA-BURGEMEESTER SLUIT BY ACTION SA AAN
ActionSA sê Shackleton het onder meer aangevoer dat hy bedank het weens die DA se agteruitgang as ‘n inklusiewe tuiste vir alle Suid-Afrikaners. “Hy voer ook aan dat die DA, volgens hom, nie meer ‘n verkiesingsalternatief vir die ANC is nie.
Action SA sê Shackleton woon in wyk 96 in die Tshwane-metro waar ‘n tussenverkiesing op 4 Mei gehou gaan word. “Nog ‘n rede waarom ek bedank het is weens die manier waarop die DA ons wyk se mense hanteer het sedert 2016 en nou met die opkomende tussenverkiesing.”
LEES OOK: VEELPARTYKOALISIE IN DIE TSHWANE-METRO VRA ACTIONSA OM BESLUIT OOR BEGROTING TE HEROORWEEG
Die leier van ActionSA, Herman Mashaba sê die stap is ‘n bewyse dat die party ‘n alternatief bied in die land.
Press Statement by @HermanMashaba
— Nkele Molapo (@NkeleMolapo) April 28, 2022
ActionSA President
DA Tshwane Deputy Chairperson Resigns to Join @Action4SA over Treatment of Ward
DATE: 28 April 2022
RELEASE: Immediate pic.twitter.com/vhxAqbwAcw