Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Nóg ‘n aansoek teen Zuma se vrylating op mediese parool gebring

14 September 2021

Die Helen Suzman-stigting (HSS) het vandag ‘n dringende hofaansoek gebring om oud-president Jacob Zuma se vrylating op mediese parool te betwis.

Dit het vroeër aan die lig gekom dat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser die mediese parool-raad se bevindinge geïgnoreer het en steeds besluit om Zuma op mediese parool te plaas. Hy is vroeër tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan minagting van die hof.

LEES OOK: FRASER “IGNOREER” RAAD SE MENING OOR ZUMA SE MEDIESE PAROOL; GEE STEEDS GOEDKEURING

Volgens die HSS soek hy toegang tot Fraser se verslag en redes vir dié besluit. 

Dit nadat Fraser die HSS se spertyd om sy redes direk aan hul te verskaf, geïgnoreer het.

AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets het ook vroeër aangekondig dat die organisasie in die proses is om ‘n dringende hofaansoek teen sowel die departement van korrektiewe dienste as Fraser, te beteken.

LEES OOK: ZUMA SE R400 000-HOSPITAALREKENING MOONTLIK JOU PROBLEEM

Roets meen hierdie is ’n saak van nasionale belang en dat dit ’n skande is indien mense op grond van hul politieke aansien bevoordeel word. Die DA het ook so ‘n aansoek gebring.

Stem vir die Aitsa’s

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende