13 September 2023
Suid-Afrika se nasionale uitsaaier, die SAUK sê hy kort dringend ‘n hersiening van sy finansieringsmodel aangesien die aantal Suid-Afrikaners wat nie vir hul TV-lisensies betaal nie, aanhou styg.
Die voorsitter van die SAUK-raad, Khathutselo Ramukumba, het aan die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie- en digitale tegnologie gesê dat die aantal mense wat nie hulle TV-lisensies betaal nie van die 2021/22 boekjaar van 82% gestyg tot 87%.
Dit beteken dus dat slegs 13% van Suid-Afrikaners hulle TV-lisensies betaal.
Volgens Ramukumba het die organisasie ‘n verlies van R1,1-miljard gely in die boekjaar wat Maart vanjaar geëindig het. Vroeg in 2021 moes die SAUK 600 mense afdank.
Behalwe vir minder lisensiegeld wat ingevorder is het hy ook die skuld vir die verlies op verskerpte beurtkrag, verdere mededinging van “ongereguleerde” stromingsdienste, die analoog-afskakeling en ‘n afname in advertensie-inkomste gepak.
