20 Februarie 2023
President Cyril Ramaphosa hou Suid-Afrikaners nog in die duister oor wie aangestel sal word as die minister van elektristeit.
Hy het die nuwe pos tydens sy Staatsrede aangekondig.
Volgens berigte is die hoof van infrastruktuur in die presidensie, Kgosientso Ramokgopa, een van die gunstelinge om in die pos te dien.
Ramakgopa het onlangs ‘n verslag geskryf oor die land se verbrokkelende infrastruktuur, en dit op sy LinkedIn profiel gepubliseer. Hy het voorheen gedien as die burgemeester van die Tshwane-metro.
Ramaphosa sal na verwagting eers sy nuwe kabinet na afloop van Woensdag se begrotingsrede aankondig. Eskom het intussen gisteraand aangekondig dat fase 6-beurtkrag sal tot verdere kennisgewing ingestel word.
Dit volg nadat agt kragopwekkingseenhede oor die afgelope 24 uur onklaar geraak het.