Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Nog geen bevestiging oor nasionale stilstand op 10 Junie nie, sê organisasie

6 Junie 2022

Die burgerregte-organisasie, Action Society sê daar is nog geen formele bevestiging dat die land Vrydag, 10 Junie tot ‘n totale stilstand gedwing sal word nie.

Dit kom te midde van ‘n boodskap wat tans wyd versprei word waarin daar beweer word dat geen kinders skool toe sal gaan nie en vulstasies en ander besighede moet ook gesluit word. Dit is glo in reaksie tot die stygende brandstofpryse.

Die woordvoerder van Action Society, Ian Cameron sê daar is nog geen amptelike bevestiging dat dit wel die geval gaan wees nie, maar meen sporadiese optogte weens die brandstofpryse kan wel voorkom, maar meen dit sal waarskynlik nie lei tot ‘n nasionale tot-stilstand-koming nie.

Die EFF het na die uitreiking van Junie se brandstofpryse in ‘n verklaring gesê dat die party sy pad vorentoe oorweeg en meen ‘n Nasionale tot stilstandkoming van dienste sal oorweeg word, alhoewel daar nog geen bevestiging is nie.

Geen datum is ook bekend nie.

Intussen het die Nasionale Taxi Alliansie en die Suid-Afrikaanse Nasionale taxi-raad (Santaco) ‘n beroep gedoen op burgerregte-organisasies en die vakbond, Cosatu om hulle te ondersteun in ‘n poging om die taxi-bedryf tot ‘n stilstand te dwing weens stygende brandstofpryse. 

Die woordvoerder van Santaco, Bafana Magagula sê hulle het nog nie finaal besluit om die bedryf tot ‘n stilstand te dwing nie en beskou dit as ‘n laaste uitkoms indien die brandstofpryse nié heroorweeg word nie. 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende