9 Mei 2023
Die departement van sport, kuns en kultuur beoog om by minstens drie geleenthede vanjaar geografiese naamsveranderings in die Staatskoerant te publiseer.
In sy jaarlikse prestasieplan vir die 2023/2024-boekjaar sê die departement dat hy met die Suid-Afrikaanse Pleknameraad saamwerk om nagenoeg 23 plekke te identifiseer en sal die naamsveranderings in die tweede, derde en vierde kwartale aangekondig word.
LEES OOK: NÓG NAAMSVERANDERINGE IN DIE STAATSKOERANT AFGEKONDIG
Suid-Afrika het die afgelope paar jaar ‘n aantal sleutelnaamveranderings beleef – hoofsaaklik in die Oos-Kaap.
Van die mees onlangse naamsveranderings is in Maart 2023 deur die departement aangekondig. Fort Beaufort se naam is verander na KwaMaqoma, terwyl Somerset-Oos nou KwaNojoli heet.
Oorspronklike foto: News24
