Nkandla: Bheki Cele sê die polisie was nie bang nie, wou “bloedbad” vermy


Luister nou

Volgende

Nkandla: Bheki Cele sê die polisie was nie bang nie, wou “bloedbad” vermy

5 Julie 2021

Die minister van polisie, Bheki Cele sê die polisie het gekies om nié die naweek by Nkandla in te gryp nie – nié omdat hulle bang was nie, maar omdat hulle ‘n verlies aan lewe wou vermy.

Ondersteuners van oud-president Jacob Zuma het reeds sedert verlede week by Nkandla byeengekom nadat die Grondwethof hom skuldig bevind het aan minagting van die hof en gevonnis het tot 15 maande gevangenisstraf.

Daar was egter gisteraand honderde ondersteuners en joernaliste buite Nkandla waar Zuma sy ondersteuners toegespreek het. Volgens berigte was daar baie meer mense as wat toegelaat word onder die huidige vlak 4 regulasies. Talle mense het ook nie maskers gedra nie.

https://twitter.com/Newzroom405/status/1411958763733540866

Alhoewel polisiebeamptes in Nkandla was is hulle veroordeel omdat hulle nie opgetree het teen die verontagsaming van die regulasies nie.

Cele meen egter dit sou roekeloos wees indien die polisie teen die skare opgetree het. Volgens hom het die polisie inligting ontvang dat minstens 100 mense vuurwapens gehad het. Hy sê hierdie mense het skote in die lug afgevuur en die polisie uitgelok.

“Om te sê dat die polisie nié opgetree het nie, is verkeerd. Die polisie het ongeveer 20 kameras daar gehad en het saam met TV kanale gewerk om vas te stel wie die inperkingsregulasies oortree het,” meen Cele.

Hy sê enige persoon, wat die inperkingsregulasies of ander wette oortree sál in hegtenis geneem word of op die plek of later, “maar jy sál in hegtenis geneem word.”

Intussen het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (SANEF) ook uitgevaar teenoor ondersteuners se hantering van joernaliste nadat die media onder meer by Zuma se seun, Duduzane wou weet waarom inperkingsregulasies verontagsaam word.

https://twitter.com/jsteenhuisen/status/1411967685668356097

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Nkandla: Bheki Cele sê die polisie was nie bang nie, wou “bloedbad” vermy


Luister nou

Volgende