2 Desember 2021
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) sê die land is besig om die vierde Covid-19 vlaag binne te gaan.
Dit volg nadat sewe van die land se nege provinsies ‘n styging in die aantal infeksies begin aanmeld het.
Nuwe infeksies het twee keer in die afgelope 48-uur tydperk verdubbel.
Terwyl meer inligting van die nuwe Omikron-variant asook die land se benadering daartoe afgewag word, is Gauteng steeds die middelpunt van die nuwe uitbrekings. Daar is gister 8,561 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld en die sterftes het met 28 gestyg na 89 871.
Intussen het die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) ook vroeër gesê hy behoort binne die volgende paar dae meer inligting oor die Omikron variant te hê, soos hoe aansteeklik dit is, en of dit inentings ontwyk. Die WGO sê vroeë data dui daarop dat virusgevalle van die Omikron-variant wissel tussen matige en ernstige simptome.
Die nuwe variant is al in meer as 23 lande aangemeld.
South Africa is entering into the 4th wave with seven provinces (EC, GP, KZN,LP, MP, NW & WC) having sustained increases in COVID-19 cases. Taking measures to reduce the spread of infection, including getting a COVID-19 vaccine, is the best way to slow the spread of infection. pic.twitter.com/KNiwr9vPqY
— NICD (@nicd_sa) December 1, 2021