29 November 2021
Die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla het vanoggend ‘n mediakonferensie gehou oor die Covid-19 situasie in die land asook die nuwe variant, Omikron.
Die epidemioloog, prof. Salim Abdool Karim het meer inligting oor die Omikron-variant bekend gemaak.
“Aangesien verskillende variante, die verskillende fases gedryf het, het ons nou meer inligting om dit te kan hanteer,” sê Karim. Hy het ook benadruk dat die Suid-Afrikaanse regering nié onkant betrap is nie en meen hulle het voorberei op nuwe variante asook ‘n vierde vlaag.
Hy sê hoe vinnig die variant versprei en hoe dit teen die inenting sal reageer, vorm nou deel van ‘n ondersoek.
Intussen het dr. Michelle Groome, verbonde aan die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes (Nios) verduidelik dat die toename aan Covid-19-gevalle hoofsaaklik deur jong mense gedryf. Sy sê die grootste toename vind in Gauteng plaas.
Waasila Jassat, ook verbonde aan Nios sê dit lyk asof al hoe meer babas en kleuters tussen 0- en 2 jaar oud in Pretoria met Covid-19 in hospitale opgeneem word.
Stem vir die Aitsa’s